Krige is 'n gewese speurder, maar werk nou vir 'n organisasie 'wat nie bestaan nie', Hy het pas uitgevind dat hy 'n halfsuster, Karen, het, Sy is jare gelede ontvoer en landuit geneem, Sy soektog na Karen neem hom van een spanningsvolle situasie na die ander, Dié keer is dit gedeelde bloed wat hom roep en hy weier om van die sending af te sien,
Plasenta is die vierde boek in Peet Venter se Thys Krigereeks, Lesers wat nie die vorige boeke gelees het nie, mag aan die begin van die roman bietjie verlore voel, Die gebeure tot dusver word egter opgesom en onduidelikhede word gou opgeklaar,
Plasenta is 'n spanningsroman met 'n verskil die gelaaide storielyn word kortkort onderbreek deur die hoofkarakter se filosofiese mymeringe oor die aard van goed en sleg, moraliteit en geregtigheid en oorsaak en gevolg.
Sommige lesers mag hierdie oordenkinge steurend vind, maar vir my het dit die boek net verryk, Die spanning bou op na 'n skitterende klimaks my bedliggie het tot laat gebrand, Plasenta is beslis die lees werd, Thys Krige is 'n vigilante so reg uit 'n Marvell strokiesprent, Hy het trauma in sy verlede wat hom vorm en voortstu, hy weet hy maak soms gewetenloos dood, hy kan nie wegdraai en 'n "normale" lewe lei nie en juis hierdie dinge sorg vir wroeging en lang wakkerlê nagte.
Waar trek 'n mens die streep tussen goed en sleg Wat regverdig moord en marteling Is hy hoegenaamd beter as die mense wat sy suster destyds ontvoer het bloot omdat hy edel intensies het Plasenta speel teen 'n holderstebolder tempo af.
Peet Venter sluit hiermee die reeks af lees eers die vorige boeke voordat jy hierdie een aanpak, Ek kan nie wag om te sien watter karakter ons volgende leer ken nie, Uit die boonste rakke! Ek dink ek moet eers die Thys Krige reeks verder op ys sit, Die laasteboeke in die reeks wat ek gelees het, het nie die tref krag gehad, wat die eerstes gehad het nie,
Ek moet toegee, die storielyn is briljant en ek wens Peet Venter geluk met so unieke reeks, maar, . .
Hierdie boek handel oor Thys wat sy suster gaan soek, En dit is net te toevallig dat hy haar so vinnig opspoor, dat sy nie dood is, aan dwelms verslaaf is of vir sekshandel misbruik is nie dis tog immers waarvoor sy asjarige meisie ontvoer is.
Is dit nie net te toevallig dat die hoofkarakter se suster nie die pad volg wat ons al soveel keer in sy ander boeke van gelees het nie
Dan jammer maar verbale diaree.
Moet ek regtig dag na dag na dag lees van Thys wat sy tandepasta en borsel saam neem badkamer toe Genade!!
Nee, Ongelukkig gaan ek eers vir 'n rukkie hier halt roep met Thys Krige,
Hopelik wanneer ek die reeks verder lees, geniet ek dit weer en word die storielyn weer geloofwaardig, Na die fantastiese eerste twee boeke in die reeks Dieper as die Bloed, Ou Bloed is dit asof Thys Krige bietjie spoed verloor het, Plasenta, diede boek in die reeks, kom wel uiteindelik aan die gang oor die laasteof so bladsye, maar tot daar het dit gesukkel om my aandag te hou.
Thys werk saam met 'n geheime spioenasieorganisasie om verder wraak te neem op die mense wat Robyn Arendse doodgemaak en sy halfsuster, Karen, ontvoer het, Daar is bladsye vol herhalende introspeksie en rondryery in die eerste gedeelte van die boek, Daar is geen raaisels meer om uit te werk nie ons weet wie die rolspelers is, waar hulle is, Ons weet selfs van vroeg in die boek af presies waar Karen haarself bevind, So dis min of meer 'n paintbynumbers storie totdat Thys uiteindelik binne trefafstand van Karen kom en moet begin planne maak om haar terug te kry, Dan eers begin dinge werklik interessant raak en derhalwe lees die laaste gedeelte van die boek lekker,
Ek hoop dat as Venter verder gaan met die Thys Krige karakter
ons 'n bietjie meer as net 'n rondryery agter skelms om dood te maak gaan kry.
Die balans van speurwerk sonder hipertegnologiese hulp, aksie en misterie wat die eersteboeke gedryf het skitter in hulle afwesigheid in Plasenta, Thys was baie interessanter as 'n speurder, in teenstelling met die instrument van vergelding waarin hy nou verander het, com/plasenta. html
Thys Krige maak mense dood, In hom dra hy daardie donker ding wat doodmaak vir hom moontlik maak, Maak dit hom dan enigsins beter as die verkragters, die moordenaars, die kinderontvoerders, die drek waarop hy jag maak Hy weet self nie want hy is byna op daardie stadium dat hy en sy slagoffers filosofies kan raak oor die bedryf van misdaad en geregtigheid en wie se beurt dit hierdie keer is om te sterf.
Dié keer is dit syne, daarvan is Krige byna seker, Maar dit is ook die een sending waarvan hy nie sal afsien nie, want dit is bloed wat hom roep, gedeelde plasenta,
Daar is n bloedband tussen hom en Karen, n plasenta wat gedeelde gene dra, soveel dieper heg, Om niemand meer oor te hê nie, is die som van alleen wees, Maar as n halfsuster wat jy nooit geken het nie miskien nog leef, beteken dit nie jy het iemand oor nie,
Venter is n afgetrede ingenieur en woon in die Dinokengbewaria buite Pretoria, Plasenta is sy vierde roman in die Thys Krigereeks, Benewens sy vroeër werke het hy hom met sy jongste drie romans Dieper as die bloed, Ou bloed en Waar boosheid broei as een van die voorste misdaadskrywers in Afrikaans gevestig.
.
Unlock Now Plasenta Developed By Peet Venter Available As Paperback
Peet Venter