so verras Chanette Paul ons weer met nog n uitstekende boek, En dan is dit noggal a Trilogie! Ek kan nie wag om my hande op die ander twee te lê nie, n Storie wat begin met twee mense Corali en Thomas se lewens wat so ongelooflik mooi saam was, wat gruwelik uitmekaar gespat het oor aansien, Corali die kunstenaar wat moes vlug en n nuwe lewe begin, ontmoet die mees ongelooflike vriendinne wat haar lewe weer vol maak, weer sin laat kry, Sommer so, dat Corali nie eens kans kry om te gaan lê nie, So het Thomas se lewe ook net aangegaan en sy eie paadjie begin loop om ook net weer by n kruispad te kom, n Kruispad wat geen mens weer wil herleef nie, Ek kan net nie uitgepraat raak oor Chanette Paul se boeke nie, Net sodra jy dink jy het nou jou gunsteling boek gekry, lees jy die volgende een en besef opnuut dat hierdie een, die een is wat jou hart gewen het.
Welgedaan Chanette met n uitstekende boek, Hierdie een was vir my die beste uit die drie!
Het die Vywervroue baie geniet, maar kon my inleef met Corali,
Chanette, jy moet asseblief nooit ophou skryf nie! Corali Chanette Paul
Lapa
Pasellaboek
Corali is die derde boek in die Vywervroureeks en begin in Corali se verlede, voor sy permanent op Vywerbaai beland het.
Alles hiervan is nuwe inligting vir die leser en vir my, wat erg nuuskierig oor haar verlede was, was dit n baie lekker invalshoek, Ek gaan geen verrassings verklap nie, maar dis baie meer gekompliseerd as wat ek verwag het, wat Corali vir my by verre die interessantste van die Vywervroue maak,
Die gedeelte van Corali wat wel oorvleuel met die gebeure vervat in Lira en Mirra, is baie kortliks en het my nie die gevoel gegee dat dit herhalings is nie wat wel met Mirre die geval was.
Die lekkerste van Corali is sekerlik dat Lira en Mirre se stories ook voortgegaan het mens het mos maar gewonder wat verder ! Ek gaan waarskynlik hieroor gekritiseer word, maar ek is van mening dat hierdie n trilogie moet bly.
Daar is regtig geen los drade nie en, alhoewel ek baie van Marilyn hou, dink ek haar geheime moet haar geheime bly,
Corali beide die boek en die karakter is beslis my gunsteling in dié reeks, Die kombinasie van werklike wêreldgebeure, geskiedenis, die spanning oor die oplos van n moontlike moord en n besondere liefdesverhaal het heerlike leesstof verskaf,
n Soliedesterre van my,
Uitdieperdsebek Terwyl n reeks as n reël kronologies verloop, volg Chanette Paul n gans ander aanslag met die Vywervroutrilogie, In die eerste boek ontmoet ons vir Lira en n omvattende kring van randkarakters, onder andere vir Mirre, In die tweede boek is Mirre die fokaliserende karakter en oorvleuel haar storie met die gebeure waarvan die leser reeds kennis dra vanuit Lira se oogpunt, Op n punt in tyd gaan die storie verder met nuwe gebeure,
Van Corali se agtergrond kom die leser min agter in die eerste twee boeke, Haar storie begin in die derde boek vóór die tyd wat Lira op Vywerbaai aankom en wel in Engeland, Dramatiese gebeure dáár, bring haar terug na Vywerbaai, Uiteraard oorvleuel die stories weer, maar nou vanuit Corali se oogpunt, en die verdere verloop van die storie is uiters boeiend en vindingryk, Hoor en sien kon gisteraand vergaan, want ek moes opsluit die opknoping van die CieCie Witherspoonsage klaarmaak,
Die skrywer hanteer die komplekse saamweef van die drie storielyne na my mening uitstekend, Ek het nooit die gevoel gekry dat gebeure onnodig herhaal word nie, Al die karakters word soos ou kennisse en hulle is konsekwent in hulle optrede, Die wêreld en plaaslike gebeure wat soomloos by die storie ingewerk is, maak dit baie realisties, Deurlopend is daar die hoopvolle tema van tweede kanse wat nie verspeel mag word nie,
Daar is vir my nogal 'n ooreenkoms tussen Boeta en Thomas, Beide is deeglik bewus van die foute wat hulle begaan het en soek nie verskoning vir hulself nie, So ook Corali. Sy suip te veel wyn, na haar eie mening, om die "rande en kante van die insig in wie sy eintlik is te versag, " bl.Hoewel sy haarself beskou as n vieslike mens, vermoed ek dat sy baie lesers se gunsteling vywervrou mag wees, Ek is nog nie gereed vir afskeid neem van Vywerbaai en sy mense nie, Bring jou kredietkaart en kom na die bekendstelling opFebruarie in Pretoria, Ek gaan beslis daar wees, Kan sy nog enige sin in die lewe vind as dit voel asof haar slagaar deurgesny is
As jong, uiters begaafde kunstenaar sou Corali feitlik enigiets doen om haar kunstenaarskap voluit te kon uitleef.
Daarom sou die kinders wat haar geliefde so graag wou hê hoegenaamd nie in haar lewe ingepas het nie, Haar ambisie en smagting na erkenning laat Corali uiteindelik tot die ondenkbare instem, al kos dit haar die man wat sy liefhet,
Vyf jaar later besef Corali eers hoe duur sy daardie erkenning gekoop het en hoe tydelik en vervlietend roem is, Ná jare in Frankryk en Engeland keer sy terug na Vywerbaai waar sy as kind vakansies deurgebring het, Die eensaamheid knel. Die verbod wat aan haar gestel is, versmoor haar, ʼn Swaard hang oor haar kop, Haar familie het haar afgeskryf, Alles wat vir haar betekenisvol was, het sy verloor,
Geleidelik begin die mense uit haar SuidAfrikaanse verlede egter weer ʼn rol in haar lewe speel, Boeta Naude wat vir haar soos ʼn kleinboet is, Leon, die verinneweerde, afgetrede dokter met sy eie stryd en pyn, Mirre vir wie sy jare gelede onder haar vlerk geneem het, maar met wie sy kontak verloor het,
Corali is die derde deel van die Vywervroutrilogie wat gaan oor vroue en mans wat hulle lewenslesse op die moeilike manier leer, maar nie moed opgee nie.
Beslis my gunsteling van die Vywervroue,
"Die lewe maal maar met ons almal en ons almal het maar baie van die dinge wat gebeur op onsself gehaal, "
Net soos die Vywervroue, is ek vandag ook baie bly en dankbaar dat ek maatjies het wat boeke insmokkel of in die poshokkie gooi Ons mag niks onder mekaar se neuse druk nie, mense.
Daar is 'n epidemie daar buite,
"Vriendskap is net 'n ander soort huwelik, For better,
for worse. In sickness and in health"
Ek was dus bevoorreg genoeg om die drieluik so direk na mekaar te lees, In hierdie grendeltyd, was dit soooo lekker om bietjie Vywerbaai toe te ontsnap en te deel in Lira, Mirre, Corali en Marilyn se lewens, Dieboeke is so verweef, daarom weef ek hulle ook sommer saam in een vywervrounet,
Indien jy nog glad nie met die Vywervroue van Vywerbaai te doen gehad het nie, mag jy net dalk sit en kopkrap oor wat 'n Vywervrou nou eintlik is, of waar Vywerbaai is.
Ek lees vinnig en praat net so vinnig, as jy my pla terwyl ek lees, gaan ek jou moontlik 'n vinnige, mompelende antwoord gee, Ek was dus reeds halfpad deur Mirre toe ek besef my man dink ek praat van "Flavourbaai" en die "Flavourvroue",
Onskuldige fout, maar daar is tog meriete, Lirra sal bes moontlik enige vorm van rooi koeldrank wees, Mirre sal alle vorme van 'n roos wees, Corali sal beslis 'n lemmetjie wees nie die menora een nie, die vruggie aan die boom of die lecol bottel op die rak,
Vywerbaai is 'n fiktiewe plek sonder enige GPS koordinate en 'n vywervrou is 'n meermin, Moet haar asseblief nie verwar met die nimlike Ariel nie, o nee, Sy is veel meer as 'n mooi gesiggie sonder 'n stem en 'n vurk om haar hare mee te kam,
Hierdie meermin is meer as 'n meermin en haar visstert is die oorhoofse tema van Vywerbaai, Sy het beslis nie sommer net haar pragtige stert opgegee sonder om die vreters daarvan 'n duur les te laat betaal nie, Sy word die tema van Lira se winkel, van Corali en Thomas se kunswerke en die legende oor wat met haar gebeur het, is die "wakeup call" vir Mirre.
"Moenie jou stert laat opvreet nie, Deur geen man, vrou of kind nie, "
Die vywervrou delf in diep waters en vir elkeen van die hedendaagse ywervroue en hulle meermanne word sy 'n eiekennige karakter in hulle verhaal,
Vir my volledige resensie oor alVywervroue, gaan loer gerus by sitelinkDie Vywervroutrilogie
Die derde boek in die Vywervrou trilogie, Corali se verlede en hede word fyn verweef,
'n Absolute hoogtepunt in die trilogie, As ek meer sterre kon gee het ek! Ek het die drie Vywervroue geweldig geniet en is nou skoon hartseer om van hulle afskeid te neem, Baie dankie Chanette! Ek sien altyd baie uit na jou boeke en lees dit dan heeltemal te vinnig klaar : En toe was daar Corali, En sy is my gunsteling, soos so baie ander lesers ook gesê het, Dis met hartseer wat ek afskeid neem van die Vywervroue, Ek wens daar was 'n plek waar hulle regtig gebly het, En dankie vir wat hulle ons geleer het, . . om NOOIT toe te laat dat iemand ons opvreet nie Chanette Paul word rond en bont groot, Sy woon nege skole by, studeer aan vyf universiteite en het al in sewe provinsies gebly, Haar eerste verhaal waarvoor sy betaling ontvang het, is n sprokie wat sy op sestienjarige ouderdom geskryf het en op Siembamba voorgelees is, Die tweede, n kortverhaal, is in haar universiteitsjare in Huisgenoot gepubliseer, Eers twintig jaar later, in, gee sy weer aandag aan haar skryfwerk, Sedertdien het n verskeidenheid verhale en humoristiese artikels in tydskrifte verskyn asook in die omgewing vanboeke in verskillende genres, .
Obtain Corali Imagined By Chanette Paul Issued As Version
Chanette Paul