Retrieve Nagjagter Depicted By Jan Vermeulen Expressed As File
teleurstelling, die vorigeboeke in die reeks was so goed maar die een is so swak geskryf, nagjagter Jan Vermeulen
lapa
My eerste kennismaking met vampiere was toe ek skelm Dracula saam met ouer kinders gaan kyk het.
Christopher Lee was in die hoofrol en sy gesig verskyn tot vandag toe voor my as ek die woord vampier hoor.
Natuurlik het ek weer aan hom gedink toe ek hierdie boek begin lees het,
Lesers wat Die vyfde Aspoester en Ondier gelees het, sal reeds bekend wees met Doktor Olaf Demeyer, die forensiese profileerder.
Hierdie keer kruis sy paaie met die Gothsubkultuur meer spesifiek, vampirisme, kultusse en godsdiensfanatici, Getrou aan die aard van die twee voorafgaande Demeyerromans, is daar baie bloed en binnegoed, wreedaardige moorde en natuurlik die raaisel van die moordenaar se identiteit.
Die stertoekenning vir hierdie boek was vir my nogal problematies daar was aspekte wat gepla het én aspekte wat ek baie geniet het.
Eerstens was die agtergrond waarteen die roman afspeel vir my as OosKapenaar baie lekker om te lees, Die plekke wat in Port Elizabeth beskryf word, is meestal goed aan my bekend en word vernuftig by die storie ingeweef.
Tweedens is die pas lekker vinnig geen uitgerekte en vervelige hoofstukke nie en derdens het ek die onderwerp ook nogal geniet.
Vreemde woordkeuse vir n riller, ek weet, maar ek hòù van rillers,
Daar was egter wel n paar probleme, Olaf se persoonlike krisisse het die storielyn vir my oorheers, Ek het later gedink sy huis moet nog net afbrand, dan het elke ellende onder die son hom al getref.
Elke krisis was op die ou end relevant tot die storielyn, maar daar was net te veel,
Tweedens moet ek verskil van die klassifikasie op die voorblad as sielkundige riller, Vir my is daar twee soorte rillers: die tradisionele bloed en binnegoed teenoor die subtiele, atmosferiese onheil, wat vir my die ware sielkundige riller is.
Nagjagter is eersgenoemde mens voel om jou gesig af te vee soos wat die bloed spat, nie laasgenoemde nie,
As rillerliefhebber het ek die boek inderdaad geniet, bovermelde kritiek ten spyt, Alhoewel dit vreemd mag klink, gegewe die grillerige onderwerp vampirisme was dit vir my n lekker ligte en vinnige lees.
Dinge gebeur vinnig en vereis nie intense konsentrasie nie, Aanbeveel vir lesers wat aksie en bloedige moorde geniet en nie bang is vir knoffel, houtpenne en vampiere nie,sterre van Uitdieperdsebek. with Izak de Vries. Binne n oogwink verander die verhoogstuk van n Gotiese riller in die werklikheid toe n akteur op die verhoog sterf.
Doktor Olaf Demeyer, n forensiese profileerder, se wêreld word op sy kop gekeer, Die Gothsubkultuur n onskadelike tydverdryf, maar ook die teelaarde vir vampirisme hou n groter bedreiging in as wat hy ooit vermoed het.
Iewers loop iemand rond wat nie net Goths op die afskuwelikste wyse “teregstel” nie, maar ook n gevaar inhou vir Olaf, sy babaseun en volwasse dogter, asook sy vriendin, adjudant Beth.
Die lyke wat gevind word met n houtpen deur die hart en knoffelhuisies in die mond gestop, word meer.
Onder die verdagtes tel n kultusleier, godsdiensfanatici, n versteurde bloeddrinker en verskeie akteurs, Wat Olaf die ergste van stryk bring, is dat die vinger toenemend na sy dogter gewys word, En is sy werklik so onskuldig soos hy tot nou toe gemeen het Of is daar iemand anders in sy binnekring met bloed aan sy of haar hande
Vermeulen het bekendheid verwerf as bekroonde jeugverhaalskrywer en sedert sy toetrede tot die misdaadroman het hy in hierdie genre n ewe gerekende naam geword.
In Nagjagter keer die bekendste karakters uit sy vorige twee romans weer tot die toneel toe, Weer eens hou volgehoue spanning die leser enduit gevange, This book was mindboggling. Just when you thought you knew who the murder was, that character gets killed too, There are also interesting themes surrounding the GothicVampiresubculture and how modernday people live their lives through this fantasy,
Please note, that this book is not for sensitive readers, The murder scenes are quite horrific and there are a few psychological elements that might be disturbing for sensitive readers.
Het Ondier meer geniet, maar was steeds 'n vinnige en lekker lees, Ek is gek oor Jan Vermeulen se Olaf Demeyer reeks en verslind elke boek,
Maar .
Daar was 'n paar goed in hierdie boek wat gekrap het,
. Gaan hy regtig in elke boek saam met iemand anders slaap
, "Sy kom orent en trek hom aan die hand regop, 'Kom maak liefde met my, Revitalise my' ".
Uhm . Daardie sin is soos 'n tiener seun met draadjies en puisies wat die eerste keer 'n meisie soen dit kon nie meer lomp en swak geskryf gewees het nie.
Ek is bly die meerderheid van die skryfwerk in die boek was beter as hierdie sin,
. Die einde was vir my deurmekaar en gejaag, Die boek se tempo was goed gemiddeld maar die einde het gevoel of jy deur die Louvre jaag in 'n Frenmotor teen vol spoed.
Ongelukkig nie sy beste skryfwerk of storie nie, Gisteraand kon ek my oë nie meer oophou nie, maar vanoggend net na my broodnodige stappie het ek dadelik “Nagjagter” van Jan Vermeulen nader getrek om die laaste paar uitsers spannende hoofstukke klaar te lees.
Ek was dankbaar my kinders het stadig aan die gang gekom sodat ek blitsig klaar kon lees voor die dag in volle vaart aan die gang gekom het.
Ophoukans was daar nie na hoofstuk drie en vyftig nie,
“Nagjagter” is n
heerlike lees van ooglopende fantasie wat verweef is met harde feite van ware sielkundige en mediese toestande.
Die verwewing is uiters knap gedoen en ek het myself n paar keer begin betwyfel oor wat nou eg is en wat nie en wat die skrywer se karakters my sal laat glo.
Die storie begin waar n moord gepleeg word voor n hele teater vol mense en niemand weet of kon sien wie dit gedoen het nie.
Olaf en sy vriendin wat ons in “Ondier” reeds ontmoet het, adjudant Beth is in die gehoor en sy dogter Franci is self op die verhoog.
Daarna word die leser vinnig in die Goth en Vampier subkultuur ingetrek n wêreld waar fantasie en realiteit se grense nie duidelik getrek kan word nie.
Die spanningslyn is meesterlik verweef soos in die vorige twee boeke in die reeks en hou deurgangs die leser se aandag.
Die boek is redelik grafies in die beskrywing van geweld en moord, soos sy twee voorgangers en baie sensitiewe lesers moet dalk verby hou.
Krimi en riller liefhebbers soos ek sal egter gemaklik kan lees,
“Nagjagter” is die derde boek in die Olaf Demeyer reeks en net so spannend soos sy twee voorgangers, Wees bedag dat hierdie reeks wel in volgorde moet gelees word, Ek wonder baie hoekom reeks so gewild is, Ek is seker daar is baie antwoorde hierop maar vir my is dit n kombinasie van n lekker bekende stel karakters wat in n situasie beland wat tot n mate ook soortgelyk is aan vorige situasies.
Daar kom egter n punt wat te veel van dieselfde in n nuwe situasie nie genoeg is om n reeks verder suksesvol te dra nie.
My enigste kritiek teen die boek is dan ook dat Olaf se persoonlike trauma en betrokkenheid by elke saak net te veel raak.
Die einde van die boek stel selfs n opvolg reeds in die verwagting van die lesers wat net so persoonlik moet wees.
My nederige opinie is dat Olaf nie meer persoonlike trauma kan dra nie nie naboeke nie, Moet daar nog n Olaf Demeyer boek wees Groot asseblief, dit is van my lekkerste lees maar dalk moet hy eerder terugkeer as profileerder vir die Polisie en sake ondersoek wat nie veral die vroue in sy lewe so bedreig nie.
Sy hart gaan dit nie hou nie en myne ook nie,
Jan Vermeulen is in Bethanie in die suide van Namibie gebore, Op veertien word sy eerste kortverhaal in die destydse jeugtydskrif Patrys gepubliseer, Hy het die graad BA Admissie met hoofvakke Hebreeus en Filosofie aan die Universiteit van Port Elizabeth behaal, en inn BTh.
en Teologiese Lisensiaat aan die Universiteit van Stellenbosch, Involtooi hy n kursus in kreatiewe skryfkuns aan die Departement Afrikaans en Nederlands van die Universiteit van Port Elizabeth, en in dieselfde jaar verskyn sy debuutroman, Die laaste dans, by Queillerie.
Inverskyn sy eerste jeugboek, Geraamtes dra nie klere nie, Dit is met die Sanlamprys goud, die M, E. R. prys, die Scheepersprys en n ATKV Kinderboektoekenning bekroon, Inword sy Jan Vermeulen is in Bethanie in die suide van Namibie gebore, Op veertien word sy eerste kortverhaal in die destydse jeugtydskrif Patrys gepubliseer, Hy het die graad BA Admissie met hoofvakke Hebreeus en Filosofie aan die Universiteit van Port Elizabeth behaal, en in'n BTh.
en Teologiese Lisensiaat aan die Universiteit van Stellenbosch, Involtooi hy 'n kursus in kreatiewe skryfkuns aan die Departement Afrikaans en Nederlands van die Universiteit van Port Elizabeth, en in dieselfde jaar verskyn sy debuutroman, Die laaste dans, by Queillerie.
Inverskyn sy eerste jeugboek, Geraamtes dra nie klere nie, Dit is met die Sanlamprys goud, die M, E. R. prys, die Scheepersprys en 'n ATKV Kinderboektoekenning bekroon, Inword sy kortverhaal 'In Ma se Stoofᅮ in die kortverhaalbundel Van Spoke Gepraat Tafelberg opgeneem, Jan en sy vrou Diana woon in die Oos Kaap, sitelink.