Donkerkopmeisie se liggaam word in n agteraf hotel in n Aspoesteruniform gevind, Haar linkervoet se tone is afgesny sodat die voet in die glasskoen kon pas, Haar oë is netjies verwyder, Daarna is haar nekaar gekloof sodat sy haar kon doodbloei,
“Hoe sal jy voel as ek dieselfde met jóú dogter doen Haar naam is mos Franci”
Dit is wat die elektronies vermomde stem vir doktor Olaf Demeyer, forensiese profileerder, vra terwyl hy die dossierfotos van die moordtoneel bestudeer.
“Hoekom sou jy dieselfde met my dogter wou doen”
n Koggellaggie klink op, “Dit is wat jy moet uitvind, Doktor, Kom ons
kyk of jy werklik so baie vir verontregde vroue omgee soos wat die media
beweer, En kom ons kyk of jy my betyds met jou agtste sintuig kan uitoorlê, ”
Die lyke van nog drie meisies word binne n paar dae gevind, Olaf besef hy sal
baie diep in sy eie donker profiel moet delf na die waarheid as hy wil verhoed
dat sy enigste dogter die vyfde slagoffer van die Aspoestermoordenaar word.
Herinneringe aan sy traumatiese kinderjare, sy oordrewe skuldgevoelens
en sy fobie vir lemme, maak nie sy taak vir hom ligter nie, Intussen voel hy
hoe die uurglas baie vinnig vir Franci leeg loop,
Vermeulen daag die leser uit met sy eerste adrenalienpompende misdaadverhaal, Dit lees nie moeilik nie, inteendeel, dit is uiters vaardig geskryf, maar dit is sielkundig en emosioneel uitputtend wanneer die leser hom/haar begin inleef in die verhaal.
Die aaklige wreedhede van die lewe word nie gesensor nie, Die leser word oorweldig met die donker kant van die lewe wat soos n doodskleed oor die karakters hang in Die Vyfde Aspoester, Vermeulen weet hoe om diep te delf in die psige van sy lesers en karakters, Daarby spreek hy kwessies soos geestesversteuring, pedofilie en seksverslawing aan dinge wat mens meesal verkies om te ignoreer omdat dit so skokkend is, maar ongelukkig praat die realiteite aangaande hierdie sake hard.
Daar kan moontlik gesê word dat te veel temas in die roman aangepak word, dog Vermeulen bied dit geloofwaardig aan,
Gesinsgeweld en geweld teen vroue en kinders word dus aangespreek teen die agtergrond van die misdade wat plaasvind in hierdie spanningsroman waar jong meisies geoffer word, Die moordenaar beskou nie sy bisarre manier waarop die meisies sterf as moord nie, maar as n offer, n Offer waartoe hulle gewillig ingestem het,
Doktor Olaf Demeyer is n forensiese profileerder, Die lyke wat hy moet ondersoek is dié van meisies watjaar oud is en hierdie lyke word op die vreemdste, mees skokkende wyses gevind, . Oë word grusaam dog netjies verwyder en die linkervoet se tone word afgesny om in glasskoen te kan pas, Die mees vreesaanjaande vraag spook by Dr, Demeyer: “Hoe sal jy voel as ek dieselfde met jóú dogter doen Haar naam is mos Franci”
Die leser wat stuit voor afgryslikhede moet liewer verby hou.
Jan Vermeulen spreek boosheid vreesloos aan, Sy styl is woordekonomies en reguit, Hierdie is n geslaagde spanningsverhaal wat forensiese wetenskap en sielkunde baie interessant vir die leser aanbied, Ek het die boek baie geniet, Nuwe skrywer vir my Wow! Die Vyfde Aspoester deur Jan Vermeulen is ʼn besonder geslaagde misdaadverhaal iets wat deesdae moeiliker as ooit is om te skryf, Nie net kan ons hedendaagse lesers kies en keur uit ʼn wye verskeidendheid internasionale titels nie, ons stel hoë eise, miskien omdat flieks en TVreekse ons “bederf” het met vinnigbewegende storielyne, pittige dialoog en ingewikkelde, genuanseerde karakters.
Ons is leunstoelmisdaadtoneelanaliste en amateur profilers, van vroeg reeds blootgestel aan forensiese wetenskap en sielkunde, Waar die vorige lesersgeslag gelukkig was met ʼn vermaaklike wiewassit, vereis ons ʼn storie met meer om die lyf, Ons wil weet presies hoe die moordenaar sy/haar gruweldade gepleeg het, en baie belangrik wat hom/haar daartoe gedryf het, Sy/haar motivering moet kompleks en gesofistikeerd wees, verby is die dae toe ons tevrede was met “want hys mal en seksueel pervers en hy hou daarvan om ander te martel, dis hoekom”.
Volgens Julia Crouch, ʼn
pionier in die domestic noir genre, glo lesers nie meer dat misdaad uit ʼn vae, generiese boosheid spruit nie, “We dont believe in evil anymore,” verduidelik sy, “we believe in pscyhology, ” Die gevolg is dat “goodies” en “baddies” oorvleuel, Protagoniste moet ʼn skaduwee hê, hoe langer en meer sinister hoe beter, en antagoniste minstens ʼn greintjie menslikheid,
Die Vyfde Aspoester bewys dat Vermeulen sy lesers verstaan en daarby die skryfvernuf het om hul behoeftes te bevredig, Sy hoofkarakter, Olaf Demeyer, is ʼn kliniese sielkundige met ʼn “agste sintuig” vir profielsamestelling, veral wanneer dit by vrouemoordenaars kom, Sy fyn aanvoeling vir mense en gewelddadige agtergrond stel hom in staat om in moordenaars se koppe te klim en maak van hom ʼn boeiende, simpatieke karakter met oorgenoeg kwellings van sy eie.
Hoewel hy ʼn kampvegter is vir vroueregte, is sy verhouding die teenoorgestelde geslag problematies, Sy ontvangsdame, Greta, is alte gretig jammer, die versoeking was onweerstaanbaar! om die grense van hul professionele verhouding te oortree, Hy is egter aangetrokke tot veel jonger vroue, veral Jasmyn Oktober, die pragtige speurder met wie hy reeds ses jaar saamwerk, Sy vervreemde vrou, Isabel, is byna twee dekades sy junior, Olaf is bewus dat die kloof tussen hulle al wyer gaap, maar nie van Isabel se dubbele lewe nie, Net met sy dogter, Franci, het hy ʼn warm, liefdevolle verhouding, Sy is sy Achilleshiel en die Aspoestermoordenaar weet dit, Die eerste slagoffer lyk onthutsend baie na Franci, Alhoewel sy erg vermink is haar oë is verwyder en haar tone afgesny om in ʼn glasskoen te pas, alles terwyl sy by haar bewussyn was eien hy haar dadelik as een van sy pasiënte.
Dinge raak nog meer persoonlik wanneer die moordenaar hom bel en vra hoe hy sou voel indien Franci ook as “lewende soenoffer” moes sterf,
Só begin ʼn katenmuis spel en ʼn resies teen tyd, Die verhaal speel af tydens die jaarliksedae van aktivisme teen geweld teenoor vroue en kinders, net een van talle details wat die dit relevant en ontstellend maak en dit laat uitstaan in die genre.
Die Aspoestersimboliek, religieuse elemente, sielkundige insig en gruwel van kindermolestasie verf ryk, oorspronklike en verwikkelde prent op ʼn groot skilderdoek, Want hierdie is ʼn gróót spanningsroman: indrukwekkend, vaardig geskryf, en daarbenewens ʼn adrenalienbelaaide rit, Die pas is nekbreekvinnig die spanning snaarstyf van begin tot einde,
Al wat werklik met my leesgenot ingemeng het, was die oormatige gebruik van verkleinwoorde, Ek het dit veral steurend gevind in somber kontekste: die begrafnisondernemer se “besigtigingsvertrekkie”, speurder se verwysing na ʼn pedofiel se “slagoffertjies”, die kerk se “begraafplasie” en die patoloog wat by ʼn jong meisie se lyk ʼn “insekkie” coffin fly aan die “pootjies” vang.
Ten spyte van die lastigheid beveel ek Die Vyfde Aspoester heelhartig aan, Dit het ʼn vyfsterstorielyn en ek hoop Vermeulen is druk besig met sy volgende spanningsroman, Jan Vermeulen is 'n veelbekroonde skrywer van jeugverhale, Met Die vyfde aspoester maak hy n genresprong en vestig homself met sukses in die midde van ons mees suksesvolle spanningsverhaalskrywers, Sogenaamde Aspoesters word geoffer, die detail waarvan mens byna slapelose nagte wil besorg, Die slagoffers het n verbintenis met kliniese en forensiese sielkundige, Olaf Demeyer, Dit blyk gou dat daar n persoonlike geskiedenis bestaan, meer as net die feit dat hy die polisie help om die moordenaar te profileer, Wt aanvanklik wil voorkom as n parallelle, en ewe skrikwekkende storielyn, blyk tog grootliks verband te hou soos die storie ontvou, Die plot is uitstekend uitgebou om die leser aan die wonder te hou, Hoewel daar redelik vroeg sterk aanduiding is oor die identiteit van die moordenaar, doen dit geensins afbreek aan die spanningslyn nie, Inteendeel, dit dra by daartoe dat jy kompulsief lees om die kloutjie finaal by die oortjie te kry, Met die komplekse sielkundige probleme waarmee baie van die karakters worstel, kry die verhaal 'n geur van n sielkundige riller en staan bykans al die rolspelers onder verdenking.
Die skrywer slaag ook daarin om beide simpatie as intense frustrasie en afkeur met die karakters teweeg te bring, Die verhaal is baie relevant in die gees van die veldtogte teen geweld teenoor vroue en kinders, Ek wil voorspel dat die skrywer in hierdie genre net soveel sukses gaan behaal as met die jeugverhale, en sien uit na sy volgende boek, .