Win Die Afloerder Created By Anel Heidenrych Represented In Digital Copy

on Die afloerder

Afrikaanse misdaadriller. Tog raak die storielyn vir my nou al bietjie geyk, Dit is asof ek die boek al voorheen gelees het net onder 'n ander naam, Daar is 'n boosaard los in sluimerende Colesberg, en die "vullis" wat hy gereeld in drie swartsakke uitsit sal enige munisipale werker die vlaktes in laat hardloop tot doer by Richmond, waar hy ook net gaan stop vir 'n Coke en tjips voor hy verder hol.


Kaptein Siegfried Scholtz moet dié bloeddorstige klontkop aanvat, en gou is die al te aantreklike joernalis Anje Bruwer ook in die moordenaar en Siegfried se visier.


Siegfried se huwelik is op die rotse na die moord op sy tienerseun Erik deur 'n ander reeksmoordenaar daardie gebeure word deur die loop van die boek ontbloot, en hy dra swaar aan die skuld wat sowel sy vrou as hyself hom oplê.
Anje is met 'n tipiese bombastiese vark getroud en ook nie gelukkig nie, Toe sy en Siegfried eers begin saamwerk om Die Afloerder te probeer ontmasker, wel, jy weet wat hier gaan gebeur,

Ons leer ken ook vir Victoria, die ou vrou wat saans kaal teen die koppie om 'n vuur gaan dans in die hoop dat sy die moordenaar se gesig sal kan sien.
Sy is vir seker die karakter wat lesers die langste gaan bybly,

Die boek lees gemaklik en stu voort teen 'n stewige pas, Die verloop van die gebeure word afgewissel met brokkies uit die moordenaar se tienerjare, wat die leser insig bied in die omstandighede wat van hom gemaak het wat hy is.


Daar was 'n paar dinge wat my persoonlik gepla het, soos die romanse tussen Anje en Siegfried wat amper onnatuurlik vinnig vanversnel, Die hoofkarakters is nie mense wat jy baie lank gaan onthou nie en van die byspelers soos Victoria en die spitsvondige polisieman Campbell steel beslis hulle kalklig.
Die einde het ook vir my afgerammel gevoel met 'n vlugtige klimaks wat effe teleurstel,

En bietjie meer tong in die kies: ons het nogmaals 'n reeksmoordenaar wat homself aan klassieke musiek verknog, Wanneer kry ons nou 'n slag 'n reeksie wat na DJ Ossewa of Lianie May of Kurt Darren luister terwyl hy sy wandade pleeg

Daardie paar klein kwellinge ten spyt is Die Afloerder 'n stewige spanningsriller wat die leser moeiteloos
Win Die Afloerder Created By Anel Heidenrych Represented In Digital Copy
laat omblaai, maar dit is nie vir sensitiewe lesers nie.
Jy gaan seks, bloedskande, sterk taal, bietjie dieremishandeling en grieselrige geweld teëkom,

Vergelykings: As jy van boeke soos Jan Vermeulen se onlangse rillers Die Vyfde Aspoester, Ondier gehou het behoort hierdie een in jou kraal te val.
Die skryfstyl herinner bietjie aan Isa Konrad ook, maar met veel skerper tande wat jou gaan stukkend byt as jy met toe oë in dié storie instap.


Ek het van die boek gehou, al het dit nie enigiets nuuts tot die genre gebring nie en 'n sterker einde en minder vervelige heldin kon dinge bietjie beter laat lyk het.
Sterre. .